Why did I receive this?
Not seeing the images? View in Browser
 

Man met keelkanker gediagnoseer

’n Egpaar van Windhoek, wat hul werk weens Covid-19 verloor het, span nou hul bakvernuf en kombuis in om kop bo water te probeer hou.
Die inkomste - deur die bak van beskuit, koekies en koeksisters - moet nie net Ansie (56) en André Hulme (51) se basiese uitgawes dek nie, maar ook André se medikasie vir die behandeling van sy keelkanker wat dikwels nie by die staat beskikbaar is nie.
Die Hulme’s het Februarie 2021 verlede jaar hul werk verloor nadat die plek waar hul albei werksaam was, sy deure moes sluit.  Ander werk was skaars en hulle moes vinnig ’n plan bedink om ’n inkomste te verdien.
André, wie se "stemboks" tydens een van vele operasies verwyder moes word en wat moeilik praat weens ’n gat in sy keel, is die een wat soggens vir Ansie die bestanddele reg sit vir die dag se meng en bak.
"Ek is lief vir kosmaak," sê Ansie. "Ek het baie resepte beproef en dit is baie belangrik dat ons goeie kwaliteit produkte verkoop wat ons self ook baie van hou en graag eet."

’n Konstante uitgawe is André se medikasie wat hy as gevolg van sy keelkanker en die gevolglike operasies moet gebruik.  Dit sluit onder andere antibiotika, pynmedikasie en teensuurmiddels in wat die Hulme’s (wat nie ’n mediese fonds het nie) uit hul eie sak moet betaal.
André het in 2018 brongitis gehad waartydens sy stem hees geraak en nooit weer na normaal teruggekeer het nie.
Kort daarna is hy in Suid-Afrika, waar hulle toe woonagtig was, met keelkanker rondom sy stembande gediagnoseer.  Hy het onder meer strawwe en dubbele dosis bestraling en chemoterapie ontvang elke dag vir 7 weke tydens Desember 2018.
Die chemoterapie moes gestaak word, omdat dit sy gehoor aangetas het en hy "heeltyd die geluid van sonbesies hoor", iets wat vandag steeds voortduur.  Hy het ook permanent pyn in sy keel en nek.  Erge kopsere teister hom ook daagliks.

"Ek was moedeloos en nie meer lus vir die lewe nie. ’n Mens kan feitlik glad nie slaap van al die pyn nie," sê André.
Twee jaar ná sy kankerdiagnose en nadat hy later in remissie was, was die kanker in Augustus 2020 weer terug.  In September 2020 het hy ’n laseroperasie ondergaan, wat gevolg is deur geweldige pyn.  "Ek kon niks sluk of slaap nie. Ek het drie weke so gelê en gedink dis die einde."  Hy het infeksie in die kraakbeen van sy keel gehad wat die geweldige pyn veroorsaak het en is weer met antibiotika en sterk pynpille behandel. ’n Opvolgondersoek het gewys hy is "skoon", maar ’n paar maande later het ’n verdere ondersoek gewys die kanker is terug.  Hy het ’n laringale operasie ondergaan waartydens sy hele "stemboks" uitgehaal moes word.
"Ek is ’n baie gelowige mens en baie mense, vriende, familie en die kerk het vir my gebid. Ek het geweet ek sal oukei wees, al gaan dit nie maklik wees nie. Die Here was my nog altyd genadig."
Tydens die operasie is ’n klep in sy keel gesit waarmee hy leer praat het as hy die gat in sy keel toedruk, verduidelik André.
"Die klep sit binne ’n gat in ’n wand wat grens aan die slukderm.  Die gat se pyp loop reguit longe toe.  Ek haal met dit asem, my neus werk nie meer nie en ek kan glad nie ruik nie."
André sukkel met vreeslike sooibrand, ook met kos en vloeistof wat opstoot in sy keel.  "As ek eet, stoot alles terug in my mond of neus. Dit brand en laat my hoes of opgooi."

Tog bly die Hulme's dankbaar vir elke nuwe dag.  Hulle verwag nie guns en gawes nie, hulle glo: "Ons doen ons bes en God sal sorg vir die res".
Almal word uitgenooi om hulle te ondersteun deur van hul heerlike gebak te koop.  Besonderhede onderaan.
 

  Bel / WhatsApp Ansie in Windhoek vir bestellings: 081 702 7449

  Bel / WhatsApp Sufranja in Swakopmund vir bestellings: 081 127 9922
  Verwys onderaan vir meer inligting  


NAMIBIA:  Digital Marketing Special NOW ON
4 advertisement campaigns at the rate of 3
Bulk e-mail campaigns & all Social Media postings included.
Normal Rate = N$ 1,460.00   NOW = N$ 1,125.00

Limited time only - please make bookings as soon as possible
 

       »   We are a well-established leading digital marketing agency in NAMIBIA on behalf of the publicist above.
       »   20+ years digital programming & development experience & expertise guarantees efficiency & effectiveness.
       »   40,000+ verified bulk e-mail subscribers - continuously updated with new interested parties.
       »   Our campaigns are 100% compatible & responsive on ALL devices.
       »   As a value added service (free of charge), we also post the newsletters on our Social Media platforms.

       »   Click on the icons below to contact / find us:


e-mail


081 687 8888


Profile


Page


Group


Instagram


Pinterest


WhatsApp


Archive

 


We act in accordance with The Privacy & Electronic Communications (EC Directive):
You received this email for a number of possible reasons: • You signed up on our website / Facebook
Fan Page • Direct subscribe link • We have obtained your contact details in the course of our efforts
to source new clients and/or subscribers • Being part of business and/or personal email correspondence
• Was in contact via social media • Was referred to by a friend and/or business contact

YOUR SUBSCRIPTION OPTIONS:

This message was sent to
We respect your privacy. Exclude your email address from our mailing list here
Your subscription preferences

Copyright: All images and content are under copyright of the respective advertiser(s). Should you want to use the material, please contact the advertiser directly.
 
AFFILIATES

Where in Namibia Logo
 

powered by phpList 3.6.16, © phpList ltd